A+ Graad 1 Vol 2

   
   

 

   

A+ Graad 1 Volume 2 is n prettige program wat honderde pretbelaaide oefeninge in 6 sleutel afdelings bevat vir die ontwikkeling van vaardighede. Hierdie beproefde vaardighede is noodsaaklik om u kind toe te rus met die nodige kennis ter voorbereiding vir die primre opvoedingsfase. Die vaardighede wat ontwikkel word sluit in; optelling, aftrekking, lees, spelling, handskrif, logiese beredenering, geheue, konsentrasie, kreatiwiteit en basiese rekenaarvaardighede.

Alle aktiwiteite word aangebied in ontspanne en genotvolle speletjies. Die speletjies is ontwerp om deur kinders verstaanbaar te vind sonder ouer toesig wat lei tot u kind se intellektuele en selfdoen ontwikkeling wat u kind se selfbeeld en vertroue n hupstoot sal gee.

Huis van Denke Kreatief


In hierdie interessante speletjie moet die leerder n deurmekaar legkaart herrangskik deur die blokke in posisie te trek en te plaas. Die afbeelding op die legkaartstukke is n geanimeerde insek wat in n patroon beweeg om as leidraad te dien. Om die legkaart op te los moet die leerder uitwerk watter blokke langs mekaar l deur die insek te volg wanneer dit van een blok na die ander beweeg. In die maklike vlak is daar 9 blokke met n rooi besie, In die medium vlak is daar 12 blokke met n mier en in die moeilike vlak is daar 16 blokke met n skoenlapper.

Huis van Taal Spelling


In hierdie speletjie sal 5 woorde verskyn terwyl dit voorgelees word. n Oefening verskyn daarna waar die leerder die woord moet voltooi deur op die ontbrekende letters te kliek. Die doel van die oefening is om die kind die basiese beginsel van spel te leer asook om lees te bevorder deur op te let en te oefen.

Huis van Taal Lees


Die lees oefening bestaan uit 5 sinne wat aan die leerder voorgelees word. Daarna begin die oefening waarby sekere woorde uitgelaat is. Die leerder moet die sinne voltooi deur op die uitgelate woorde te kliek en die korrekte woord te kies uit n lys van moontlikhede. In die maklike vlak is 1 woord uitgelaat, in die medium vlak is 2 woorde uitgelaat en in die moeilike vlak is ook 2 woorde uitgelaat met n tydverskil.

Huis van Kreatiwiteit


Hierdie inkleurboek het prente wat uit individuele dele bestaan wat ingekleur moet word deur die ingeboude kwaste en verf te gebruik wat op die skerm voorsien is. Om die prentjie te voltooi moet die prent uitgedruk word en die dele uitgeknip word wat dan aanmekaar geplak moet word.

Huis van Geheue

In hierdie speletjie moet die leerder die karakters memoriseer wat vir n kort periode op die skerm verskyn. Daarna moet die leerder die regte kop by die regte lyf plaas deur op die karakter te kliek en die korrekte kop uit n lys van opsies te kies. Die vlak van moeilikheidsgraad word bepaal deur die aantal karakters.

Huis van Handskrif

Die doel van die oefening is om die leerder die korrekte metode te leer om die alfabet en syfers te skryf. In die maklike en medium vlakke kies die leerder self die letters of syfers wat hy/sy wil oefen en in die moeilike vlak word woorde aan die leerder gegee om te skryf.

Huis van Wiskunde Groepering


In hierdie oefening word groepering geillustreer deur items in gelyke hoeveelhede te plaas deur vrugte te gebruik. Aan die leerder word n instruksie gegee om n gelyke aantal vrugte in die borde te plaas. Die oefening vorm deel van vermenigvuldiging en deling vir toekomstige grade.

Huis van Wiskunde Aftrekking


Aftrekking-vaardighede word intensief geoefen in die praktiese oefeninge met vrugte deur illustrasie. Die leerder moet aandagtig na die instruksie luister ten einde die korrekte aantal vrugte in die bord te plaas. Die vlak van moeilikheidsgraad word bepaal deur tydsbeperking en grootte van getalwaarde. Die uitslag verskyn na voltooiing van rondte 5.

Huis van Wiskunde Optelling


Optelling-vaardighede word intensief behandel in praktiese oefeninge met die gebruik van vrugte wat bymekaar getel moet word. Die leerder moet aandagtig na die instruksie luister sodat die korrekte soort vrugte bymekaar getel moet word. In die maklike en medium vlakke word vereis dat die totale aantal vrugte van 2 bakke bymekaar getel moet word, by die moeilike vlak is daar 3 bakke vrugte.

Vorderingsverslag


Met n ingeboude Vorderingsverslag, uitslae analise en oefeningrekord, kan ouers en onderwysers die kind se vordering volg oor n lang tydperk.

Uitslae van tot 1,000 leerders kan op die databasis gestoor word. Alle uitslae kan uitgedruk word.

Die grafiese voorblad is ontwerp om n Fantasie Avontuureiland te skep met n dwergie-nedersetting. Elke huisie in die dorpie verteenwoordig n vaardigheid of aktiwiteit.

Die navigasie na verskillende aktiwiteite is uiters maklik vir kleuters om te gebruik. Deur die aanwyser na links of regs te beweeg, skuif die landskap saam sodat dit die ander huisies met aktiwiteite kan blootstel om binne te gaan

 Klik op enige van die pakkette om meer te sien waaroor dit gaan:
A+ Kleuter Volume 1 A+ Kleuter Volume 2
A+ Graad 0 en 1 Volume 1 A+ Grd 1 Volume 2
A+ Grd 2-3 Volume 1 A+ Grd 2
A+ Grd 3 Volume 2 A+ Grd 4-5 Volume 1
A+ Grd 4 Volume 2 A+ Grd 5 Volume 2
A+ Grd 6-7 Volume 1    
 
A+ Lees Volume 1 A+ Spelling Volume 1
 
Tyd vir tafels 1 -10 Kopkrappers 4 - 12

 

 

 

Met trots ontwerp en onderhou deur GSD POTCH - Die WEB mense...
www.gsdpotch.com