A+ Kleuter Vol 2

   
   

 

   

Voorskoolse vaardigheidsontwikkeling

Beskrywing

A+ Kleuter Volume 2 is n prettige program, wat honderde opwindende oefeninge bevat en verdeel word in 6 sleutel vaardigheidsontwikkelingsafdelings. Hierdie basiese vaardighede is noodsaaklik vir die voorbereiding van u kind vir die primre opvoedingsfase. Die vaardighede ter sprake sluit in; tel, syfer-erkenning, woordeskat, logiese denke, geheue herroeping, vorms- en kleurherkenning, voorwerpgroepering en basiese rekenaarvaardighede in.

Alle aktiwiteite word aangebied in n speletjiesformaat met kleurvolle grafika. Hierdie speletjies is so ontwerp dat kleuters dit maklik vind en speel sonder ouer bystand. Uiteindelik ontwikkel die kind nie net sy/haar intellektuele vlak en vermons nie maar ook n mate van selfvertroue.

Wiskunde Telvaardigheid

Fokus word geplaas op basiese telvaardigheid en om die kind se vermons te toets met die uitvoering van opdragte. Om n opdrag te voltooi is om byvoorbeeld n aantal items op n bord te plaas. Die opdrag raak moeiliker vanaf vlak 2 waar meer as 1 item in die opdrag voorkom. Die doel hiervan is om vas te stel of die kind die opdrag verstaan en ooreenkomstig kan uitvoer.

Wiskunde Getalassosiasie en herkenning

Die doel van die speletjie is om die vermo van die kind te evalueer vir die korrektheid van die aantal items teenoor die getalwaarde. n Vraag word gevra om die aantal items aan te dui deur op die korrekte syfer te kliek.

Taal Woordeskat en instruksies

In hierdie speletjie kom die kleuter in aanraking met nuwe woorde wat sy/haar woordeskat verbreed asook om ter selfdertyd n instruksie te volg en uit te voer. Die instruksie is om n sekere voorwerp te skuif na n bepaalde blok. Om die voorwerp te skuif moet op die voorwerp gekliek word en die knoppie in te hou en die voorwerp te trek na waar die instruksie aandui.

Kreatiwiteit Vorms, Letters en Syfers

In hierdie aktiwiteit moet die kleuter letters, syfers en vorms inkleur. Daarna word die item getrek na n skadu-vorm blok met n opening wat ooreenstem met die vorm van die letter. Die meerdoelige oefening stel die kleuter instaat om die verskille te eien tussen kleure, vorms, letters en syfers.

Kreatiwiteit Inkleurboek

n Pragtige inkleurboek vir kinders van alle ouderdomme met die gebruik van talle kleure en oulike prentjies wat na voltooiing uitgedruk kan word.

Geheue en Konsentrasie vaardighede

Die doel van hierdie speletjie is om die vermo van die kleuter te verbeter deur patrone en vorms te memoriseer wat die konsentrasievlak verhoog. Hierdie oefening behels n stapel blokke waarvan n paar gekleurde kolle op het. Die blokke word vir n kort tydjie vertoon en dan weggeneem. Die kleuter moet dan kliek op die blokke met die gekleurde blokke.

Daar is 3 vlakke van moeilikheidsgraad wat beheer word deur die aantal blokke en rye asook die toegelate tyd.

Denke en Konsentrasievaardighede

Die kleuter word n instruksie gegee deur middel van n stemopname om die groen balletjie te beweeg na die prentjie wat met n sekere letterklank van die alfabet begin. Die vaardigheid hieraan is om eerstens die korrekte prentjie te soek en dan die pad deur die doolhof uit te werk. Daar is drie moeilikheidsvlakke wat beheer word deur tyd. Honderde prentjies in alle vlakke word met ewekansige veranderlikes vermenigvuldig om sodoende duisende variasies te bied.

Vorderingsverslag

Met n ingeboude Vorderingsverslag, uitslae analise en oefeningrekord, kan ouers en onderwysers die kind se vordering volg oor n lang tydperk.

Uitslae van tot 1,000 leerders kan op die databasis gestoor word. Alle uitslae kan uitgedruk word.

Die grafiese voorblad is ontwerp om n Fantasie Avontuureiland te skep met n dwergie-nedersetting. Elke huisie in die dorpie verteenwoordig n vaardigheid of aktiwiteit.

Die navigasie na verskillende aktiwiteite is uiters maklik vir kleuters om te gebruik. Deur die aanwyser na links of regs te beweeg, skuif die landskap saam sodat dit die ander huisies met aktiwiteite kan blootstel om binne te gaan
 

 Klik op enige van die pakkette om meer te sien waaroor dit gaan:
A+ Kleuter Volume 1 A+ Kleuter Volume 2
A+ Graad 0 en 1 Volume 1 A+ Grd 1 Volume 2
A+ Grd 2-3 Volume 1 A+ Grd 2
A+ Grd 3 Volume 2 A+ Grd 4-5 Volume 1
A+ Grd 4 Volume 2 A+ Grd 5 Volume 2
A+ Grd 6-7 Volume 1    
 
A+ Lees Volume 1 A+ Spelling Volume 1
 
Tyd vir tafels 1 -10 Kopkrappers 4 - 12

 

 

 

Met trots ontwerp en onderhou deur GSD POTCH - Die WEB mense...
www.gsdpotch.com