A+ Spelling

   
   

 

   

A+ Spelling is n interaktiewe en prettige program vir laerskool leerders om in te werk. Die program onderrig die leerder in verskeie spelling vaardighede in aktiwiteite en bevat duisende oefeninge wat leerders vir ure vasgenael hou met konstruktiewe onderrig.

Daar is 13 aktiwiteite met 3 vlakke van moeilikheidsgraad (Beginner, Gevorderd en Kenner)

n Uitdrukbare vorderingsverslag en ontledingskaart per leerder is beskikbaar.

Meer as 10,000 spelwoorde word gebruik in die totale pakket wat gekategoriseer word en gekanaliseer word na elke afdeling.

n Databasis stoor tot n 1,000 leerders se name onder elke afdeling van die program.

Inhoud


Die volgende afdelings vorm die program;
 
Letterklanke (Kleuter tot Graad 2) Voltooi die eerste letter van n woord.
Kyk en Spel (Kleuter tot Graad 2) Voltooi n woord deur n letter by te voeg wat weggelaat was
Woordblok (Graad 3 tot 7) Gebruik die lys van woorde om die legkaart te voltooi.
Woordherkenning (Graad 3 tot 7) Kies die korrekte woord uit 3 moontlike spelwoorde.
Spel met begrip (Graad 3 tot 7) Herrangskik geskommelde letters om die woord reg te spel.
Lettermatriks (Graad 3 tot 7) Woordsoek speletjie deur n woorde te soek wat horisontaal, vertikaal of diagonaal geplaas is.
Luister en Spel (Graad 3 tot 7) Luister na n voorafopgeneemde opname om die woord te spel.
 

 Klik op enige van die pakkette om meer te sien waaroor dit gaan:
A+ Kleuter Volume 1 A+ Kleuter Volume 2
A+ Graad 0 en 1 Volume 1 A+ Grd 1 Volume 2
A+ Grd 2-3 Volume 1 A+ Grd 2
A+ Grd 3 Volume 2 A+ Grd 4-5 Volume 1
A+ Grd 4 Volume 2 A+ Grd 5 Volume 2
A+ Grd 6-7 Volume 1    
 
A+ Lees Volume 1 A+ Spelling Volume 1
 
Tyd vir tafels 1 -10 Kopkrappers 4 - 12

 

 

 

Met trots ontwerp en onderhou deur GSD POTCH - Die WEB mense...
www.gsdpotch.com