...


SKOOL PAKKETTE

 

Skole julle kan gerus die pakket aflaai en dan op n rekenaar installeer. Die eerste 3 vlakke van 123 Slim is gratis julle kan dit gerus deurgaan en dan self sien hoe dit julle leerlinge gaan bevorder!!! Sien is glo...

 

As jou skool 地 rekenaar laboratorium het, is 123 SLIM net wat nodig is om kinders van 3 jaar tot 13 jaar se leervaardighede te ontwikkel in Afrikaans.

Kern kenmerke van die 123 slim pakket wat u moet weet:

200+ vaardigheid ontwikkelings areas vanaf kleuter tot graad 7
Duisende oefeninge in 地 speletjies formaat
Massiewe databasis van inhoud met ewekansige vrae
Self assessering met onmiddellike resultate
Positiewe terugvoering en instruksie klankbane
Aanpasbare leerstelsel - verhoog of verlaag outomaties die moeilikheid vlak
Pret om te leer met kleurvolle grafika en kreatiewe oefeninge
Onderwysers kan die leerder se vordering monitor met ingeboude verslae en grafieke
Alle speletjies en oefeninge is in Afrikaans
Een installasie en een registrasie ontsluit alle programme binne die 123 pakket
Gekonsolideerde opsie lyste
Ontwerp om kindervriendelik en logies te wees
Vir elkeen van die 15 programme in die pakket kan die databasis tot en met 1000 leerders se profiele stoor
 

Die programmatuur is ontwikkel vir beide losstaande rekenaars / skootrekenaars of rekenaars wat deur 地 netwerk bediener gekoppel is. Die enigste vereiste is dat die rekenaars tenminste Windows XP of 地 nuwer weergawe van Windows as beheerstelsel het.

Die koste van 地 installasie by 地 rekenaar sentrum hang af van die aantal rekenaars waarop die pakket gelaai moet word.

Die kostes werk soos volg:

1ste Rekenaar / Bediener R1500.00  
Lisensies vir addisionele rekenaars en of werkstasies Elke skool is vir ons baie belangrik ons sal vir u 地 unieke bekostigbare pakket uitwerk volgens u behoeftes. Kontak ons of stuur vir ons n epos na info@123-slim.co.za met u hoeveelheid rekenaars en ons sal 'n kwotasie voorsien.

SPESIALE AANBOD:

Ons wil u skool uitnooi om ons bewese rekenaargesteunde opvoedkundige sagteware genaamd 123-Slim, ter waarde van R3000.00 gratis te installeer. U kan die sagteware gebruik in u rekenaarsentrum op soveel rekenaars as wat u oor beskik, hetsy 5, 10 of 50 rekenaars, vir 'n volle 2 maande periode.  

Die 123-Slim sagteware sal 100% funksioneel wees, sonder enige advertensies of dat die sagteware afhanklik is van 'n internetverbinding. Die sagteware word geinstalleer op u rekenaars en daarna funksioneer die sagteware heeltemal aflyn. Let wel, die sagteware sal die volledige reeks wees en word op geen manier in hierdie tydperk beperk in terme van funksie of inhoud nie.  

Tydens die 2 maande gratis toets period bied ons vir u skool die geleentheid om te sien hoe die leerders die programme geniet en dit hul leervaardighede bevorder sodat u presies weet wat die 123-Slim sagteware behels en wat dit vir u skool kan beteken. Indien u nie tevrede is met die sagteware na die 2 maande toets periode nie is u onder geen verpligting om die sagteware te koop of verder te gebruik nie. U skool hoef nie noodwendig gebruik te maak van die onderstaande aanbod na die 2 maande toets periode nie.  

Indien u sou belangstel het ons na afloop van hierdie toets periode 'n aanbod wat vir die skool dit moontlik kan maak om die sagteware se lisensies ook gratis te bekom in die vorm van vergoeding, wat die gebruik van die sagteware vir 'n opbepaalde tydperk op die rekenaars sal verseker sonder dat die skool direk daarvoor hoef te betaal.

Die aanbod na die 2 maande toets periode werk soos volg:
(Let wel: Hierdie opsie is optioneel, u is na die toets periode onder geen verpligting om die aanbod te aanvaar nie)

U skool laat weet die leerders se ouers van die geleentheid deur middel van 'n omsendbrief en verduidelik hoe hul kan help dat die skool gratis lisensies kan bekom.
Indien daar 10 ouers is wat die sagteware koop vir hul kind om by die huis te gebruik vir inskerping, kry die skool 'n volledige installasie DVD van 123-Slim sowel as 10 gratis lisensies vir die skool se rekenaarsentrum. (Waarde van 10 lisensies plus pakket is R7000.00)
Vir elke ouer daarna wat die sagteware koop, kry die skool 1 lisensie gratis (Lisensie waarde is R400.00)

Die aanbod is net geldig tot die einde van die 4de kwartaal.

Vir meer inligting oor die 123-Slim programme en om 'n vinnige oorsig te kry oor die sagteware, sien meer daaroor HIER>>

BAIE BELANGRIK:
(Moet nie die demonstrasie weergawe op die webwerf aflaai vir u skool nie, dit is 'n weergawe wat slegs 3 gebruike toelaat, kontak ons indien u belangstel om die volledige weergawe vir 2 maande te toets en ons sal vir u die korrekte weergawe kom installeer op u rekenaars)

Kontak ons vandag nog sou u belangstel aan die ongelooflike aanbieding.
 

 

Buy

 

 

Met trots ontwerp en onderhou deur GSD POTCH - Die WEB mense...
www.gsdpotch.com