Laai vandag jou 7 dae 123 Pakket af

Welkom by ons 123 Slim opvoedkundige sagteware webtuiste, die beste keuse wat u ooit vir u kind se toekoms sal maak…

123 Slim Sagteware Feite

Wat 123 Slim Sagteware NIE is nie

123 Slim Sagteware is WEL

123 Slim is die mees omvangryke Afrikaanse sagteware produk in Suid Afrika wat vanaf voorskoolse kleuters tot graad 7 akkommodeer.

Die programreeks speel af in ‘n pret belaaide klimaat met ‘n opvoedkundige benadering. Die inhoud is nie op enige spesifieke kurrikulum gebaseer nie, maar ontwikkel die nodige onderliggende vaardighede wat uiters noodsaaklik is. Die sagteware is dus ‘n ondersteunings hulpmiddel en is daarom geskik vir enige kind hetsy in ‘n privaat skool, semi staat skole of wat tuis onderrig ontvang.

Elke speel en leer program stel die leerder in staat om sy persoonlike beste te lewer wat weer uitdagings stel om die oefeninge te voltooi terwyl die leerder die spel positief benader en dit baie geniet. Dit is baie kleurvol met animasies en het ongelooflike byklanke met ‘n instruksionele klankbaan in Afrikaans wat alles mooi verduidelik.

Hierdie sagteware is geskik vir alle hoofstroom leerders wat in die proses is om hul fundamentele leervaardighede te ontwikkel en toe te pas en word ook gebruik om hul konsentrasie vlakke te verhoog.

Ons opvoedkundige sagteware is ook uitstekend om aan te wend vir remediëring by leerders met leer en lees probleme of wat nie syfervaardig is nie.

Dit is die mees omvattende opvoedkundige sagteware produk in Suid-Afrika en maak voorsiening vir voorskoolse kinders en leerders tot graad 7.

Uiters geskik vir kinders tussen 3 en 13 jaar oud en die beste van als is dit is in Afrikaans en Engels beskikbaar.

Ons voorsien ook die 123 Suite vir alle skole met rekenaar sentrums teen ‘n uiters bekostigbare prys. Dit werk met groot sukses by vele skole in Suid Afrika en nog geen skool is spyt oor die keuse om dit deel te maak van hulle kinders se opvoeding nie.

Moet nie dat jou kind agter raak nie, wees 123 Slim en maak vandag die regte keuse…

123 SLIM SAGTEWARE

  • 15 Individuele opvoedkundige programme saamgevat in 1 pakket.
  • 200+ vaardigheid ontwikkelings areas vanaf kleuter tot graad 7.
  • Duisende oefeninge in ’n speletjies formaat.
  • Massiewe databasis van inhoud met ewekansige vrae.
  • Self assessering met onmiddellike resultate.
  • Positiewe terugvoering en instruksie klankbane.
  • Aanpasbare leerstelsel – verhoog of verlaag outomaties die moeilikheid vlak.
  • Pret om te leer met kleurvolle grafika en kreatiewe oefeninge.
  • Alle speletjies en oefeninge is in Afrikaans.
  • Ontwerp om kindervriendelik en logies te wees.

123 SUITE

  • 20 Individuele pakette in 1 suite.
  • Duisende ure se opvoedkundige materiaal.
  • Beskikbaar in Afrikaans en Engels.
  • Eenvoudige instalasie en registrasie.
  • Geskik vir skool en tuis gebruik.
  • Dek alles van kleuterskool tot Graad 12.

A+ WISKUNDE, SPELLING & LEES (VOL 1 & 2)

  • 6 Opvoedkundige pakette in 1.
  • A+ Wiskunde (vol 1 & 2) – Wiskundige aktiwiteite en speletjies vir Graad 1 -7.
  • A+ Spelling (vol 1 & 2) – Spel toetse en speletjies vir Graad 1 – 7.
  • A+ Lees (vol 1 & 2) – Lees aktiwiteite en speletjies vir Graad 1 – 7.
  • Ontwikkel belangrikke leervaardighede.
  • Beskikbaar in Afrikaans en Engels.
  • Alle aktiwiteite het 3 moeilikheids vlakke.
  • Vorderings verslae en analise.
  • Databasis kan tot 1000 leerders hanteer.