WAT IS 123 SLIM?

123 Slim se opvoedkundige sagteware is ontwikkel deur Edupro, Suid-Afrika se beste opvoedkundige sagteware ontwikkelaar. Ons produkte word plaaslik ontwikkel en is relevant vir die huidige Suid-Afrikaanse skoolkurrikulum. Ons het ‘n reeks Afrikaanse pakkette sowel as Engelse sagteware maar het ook ‘n gekombineerde reeks wat ten volle tweetalig is. Al ons sagteware is kindervriendelik en akkommodeer leerders wat probleemareas het sowel as meer begaafde leerders vanaf voorskool tot graad 7.

Ons weet dat onderwysers en ouers hul kinders die beste voorbereiding wil bied om te leer in die onseker tye waarin ons leef. So, hoe gee jy jou kinders ‘n voorsprong? U kan hulle voorberei vir so ‘n onsekere toekoms deur verder te kyk as die huidige skoolstelsel en gebruik te maak van moderne tegnologiese hulpmiddels om hul opvoedkundige ontwikkeling ‘n hupstoot te gee.

Ons opvoedkundige sagteware sal jou kind wys hoe om terselfdertyd te leer en pret te hê, wat jou kinders ook ‘n grondslag bied vir toekomstige jare.

Ons opvoedkundige produkte betrek, stimuleer en is altyd pret. Dit is spesifiek ontwerp om jou kind se konsentrasie te help ontwikkel, wat noodsaaklik is vir geheue en leer prosesse. Al die oefeninge in ons produkte is ook tydgedrewe. Hierdie kenmerk is belangrik om die leerder te leer om teen tyd te werk, aangesien dit tipies die geval is wanneer hulle eksamen in die skool skryf. ‘n Ander doelwit van ons sagteware is om die leerder se selfvertroue en die vermoë om onafhanklik te werk, te ontwikkel deur die implementering van positiewe klankopmerkings wanneer die oefening eindig op die uitslagbladsy. Ons sagteware sal jou kind help in hul huiswerk en hul grade verbeter.

Ons weet dat ouers en onderwysers dit moeilik vind om goeie opvoedkundige sagteware te identifiseer – sagteware wat hulle opvoedkundig waardevol vind en wat hul kinders geniet om te gebruik. 123 Slim se reeks opvoedkundige produkte wat spesifiek ontwikkel is om presies daardie behoefte aan te spreek, bied die grootste en mees koste-effektiewe oplossing, waardeur dit jou in staat stel om jou kinders te help om die uitdagings van môre aan te pak!